‘Ons beplan future saam’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

HULLE liefde was so diep vir mekaar, selfs oseane sou jaloers wees. Só beskryf die veroordeelde verkragter Taariq Philips sy en Sharisha Deva se liefdesverhouding. Hy is klaar skuldig bevind aan die verkragting van Deva­ (ook bekend as Sharisha­ Chauhan). Deva is op 2 Januarie 2014 dood nadat sy, Taariq en nog vriende drugs by ’n trance-paartie gepop het. Regter Lee Bozalek het hom onskuldig bevind aan die moord. Gister het Phillips vir die eerste keer sy stilte verbreek. Hy sê sy vorige lawyers het hom aangeraai om nie in die saak te getuig nie. Happy Times: Sharisha Deva­ en Taariq Phillips op die aand van die trance-partytjie. FOTO Verskaf“Ek was 23 toe die voorval plaasgevind het. Alles het na my toe gewys. Mense het gesê ek toon geen berou nie, maar my gedagte was net nie daar nie.”Hy sê hy het Sharisha vier jaar geken voordat hulle begin date het. Volgens Phillips moes hy nagskofte doen omdat hy deur die dag die verhoor moes bywoon. Hy kon nie bekostig om sonder ’n werk te sit nie omdat sy regskoste hoog was. In Mei vanjaar is sy kontrak by Eskom nie hernu nie. Hy sê die rede hiervoor was die “sensasionele berigte in Son”. Hy doen nou private jobs vir mense wat hom in staat stel om steeds sy bond en karpaaiemente te betaal. Oor sy verhouding met Sharisha sê hy hulle kon oor alles praat. “Ons het ons toekoms saam beplan.”Hy sê op Nuwejaarsdag 2014 was dit hy en Sharisha se eerste keer dat hulle drugs gebruik het.“Die MDMA was ’n kapsule. Die LSD was ’n papier wat op jou tong smelt. Ons het eers die LSD gevat.”Hy sê ’n uur later het hulle die kapsule gesluk. “Jou sintuie word sterker en jou sig is helderder.”Hy sê hy was egter nie deurmekaar of siek soos Sharisha nie.Phillips se nuwe lawyer, adv. Burger Brandt, het vir ’n opgeskorte vonnis gevra. Adv. Esna Erasmus vra dat die hof Phillips tot 25 jaar of vir lewenslank moet vonnis. Bozalek lê op 13 Desember 2013 vonnis op.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/ons-beplan-future-saam-20181129

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.