‘Ons het hoop’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VERSOENINGSDAG­VIERINGE in die Baaise noordelike gebiede het weer hoop gebring vir sy inwoners.Op Sondag 16 Desember het die Festival of Hope op die Finnisstraat-sportterrein in Bethelsdorp plaas­gevind.Dit is aangebied deur die SAPD, gemeenskapspoli­siëringsforums (GPF’s) en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.Die doel was om tieners se deelname aan te moedig sodat hulle nie betrokke raak by bendeverwante aktiwiteite nie. Die doelwit van die inisiatief is ook om die mindset van die jeug te verander en om hulle hoop te gee vir die toekoms.Plaaslike kunstenaars het by die fees hulle musiek­talent afgeshow.Die aktiwiteite het met ’n motorkade van die Cleary Park-winkelsentrum tot by die sportterrein begin. Daar het bikers saam met lt. genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommis­saris, gery.Die burgemeester, Mongameli­ Bobani, het almal by die fees verwelkom en verduidelik die doel van die dag is om jong mense aan te moedig.“Ons is hier saam met jou – moet nooit hoop verloor nie. Ons kan jou verseker ons kan saam misdaad stop en dit begin by die jeug. “Ons het hoop vir julle, want môre behoort aan jou om jou drome na te volg,” sê Bobani.Ntshinga sê in haar toespraak: “Daar is geen ontvlugting van die realiteit dat ons mense doodgaan of hulle lewens vermink word weens bendegeweld nie. Die Festival of Hope moet gaan oor die vernietiging van die uitdagings wat die jeug face en die herstel van hoop vir hulle. “Dit is ’n baie goeie inisiatief waaruit oud en jonk moet voordeel trek as ’n soliede fondasie vir vrede en vergifnis onder onsself,” sê Ntshinga.Die aktrise Hildegardt Silkiewicz, Bonita van 7de Laan, het ook die skare van omtrent 1 000 verras. Die polisie sê programme soos dié sal voortdurend aangebied word, aangesien die jeug van vandag die leiers van môre is.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ons-het-hoop-20181217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.