‘Ons kort polisiestasies‘ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE gemeenskap is gatvol vir gangsters in hulle midde en hulle het nie doekies omgedraai met die polisieminister, Bheki Cele, nie.Gister het honderde mense bymekaargekom in die Chatty-gemeenskapsaal in die Baaise noordelike gebiede.Cele en ander polisiehoës was daar om na die griewe van die gemeenskap te luister en sodoende ’n plan van aksie se beraam teen gangsterism.Cele het verlede week by die 10111-sentrum in Schauderville ’n dag lange konferensie oor bendegeweld bygewoon en beloof om weer terug te kom.Martin Draai, ’n inwoner, het aan die minister gesê hulle het as ’n gemeenskap ’n vergadering gehad ’n week nadat die polisie se jaarlikse misdaadstatistieke uitgereik is.“Vir minstens 300 000 mense wat in die noordelike areas woon, is daar net drie polisiestasies (Gelvandale, Bethelsdorp en Algoapark). In een van die polisiestasies is 127 moorde gepleeg van 2017 tot vanjaar. “Ons hoor elke dag van moorde en ons is verby moeg. “Iewers langs die pad het ons vertroue in die polisie verloor.”GemarginaliseerGary van Niekerk sê die Northerns strek oor 18 km – dit wil sê dat die polisie oor ’n radius van 9 km moet werk om gangsters vas te trek. “Amper 100 mense is van April af vermoor. Die noordelike gebiede is vir té lank gemarginaliseer en behandel asof ons nie bestaan nie. “Ons kort ’n polisiestasie in Booysenpark en satellietstasies in Cleary Park en Durbanweg in Schauderville. “Die gewere moet verwyder word en die areas moet afgebaken word.”Jacob Britz het aan Cele gesê dat die Bethelsdorp-polisiestasie nie voldoende is vir alles wat in die area gebeur nie.Marlene Scott het die punt gemaak dat almal se kind haar kind is en andersom.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ons-kort-polisiestasies-20181210

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.