‘Ons seun sal op hom trots wees’

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE dag toe hy hoor sy vrou is swanger met ’n seun, was hy so happy. Só het konst. D. Grebe van die polisie se lugvleueltak Vrydag oor sy ontslape kollega, konst. Dwane Kemp (31), gesê.Die SA Polisiediens het Vrydag ’n memorial service vir Kemp gehou.Kemp het Maandagoggend in ’n skietvoorval in Rosestraat, Sentraal, gesterf toe hy en ’n kollega op ’n klag van gewapende roof by die Le-Bon Bakkery gereageer het.Talle manne en vroue in blou het Vrydag die NG Kerk in Noordeinde in die Baai vol gesit toe hulle hulde gebring het aan hul ontslape kollega.bedroef: Candice Kemp bars tydens die diens uit in trane. Genl.maj. Dawie Rabie, Motherwell se gebiedsbevelvoerder, het by die diens gesê wanneer ’n polisieman sterf, verloor hulle ’n waardevolle, bekwame, opgeleide patriot.Rabie het Vrydag ook die Mountweg-polisiegebied verteenwoordig.Hy sê polisiemoorde kan nie regverdig word nie en moet stopgesit word.Rabie sê cops is ook ouers, broers, susters en grootouers wat ’n unieke mandaat het om die land te dien en beskerm. Volgens hom ondermyn aanvalle op cops die rule of law en het dit ’n negatiewe impak op die moraal van polisiebeamptes.Hy sê dit het ook ’n negatiewe impak op dienslewering.Volgens Rabie het Kemp vir agt jaar in die Polisiediens gedien om die inwoners van Port Elizabeth te beskerm en is sy lewe onverwags kortgeknip terwyl hy besig was om sy duties te perform.Hy sê Kemp het die ultimate prys betaal vir ’n edele saak.Volgens Rabie sal die SA Polisiediens Kemp vir ewig dankbaar wees vir sy onselfsugtigheid. “Wanneer jy jou polisie-uniform aantrek, weet jy daar is die risiko dat jy dalk nooit weer terug gaan keer huis toe nie. Wees altyd alert.” steun: Dwane Kemp se part­ner­, konst. Moose Hans, troos Candice­ Kemp. Volgens Rabie sal die polisie nie afgeskrik word deur roekelose misdadigers nie. Hy sê hierdie tragedie maak die Polisiediens net sterker in sy stryd teen misdaad.Kemp se swanger vrou, Candice, het gesê haar man was toegewyd aan sy job en het daarvan gehou om in die polisie te dien. Candice voeg by dat Kemp hul ongebore seun se naam – Coleton – gekies het.Sy sê om ’n cop te wees is nie ’n maklike taak nie en die opofferings wat gemaak word, moenie onderskat word nie.Candice het gesê al gaan Coleton nooit sy pa ontmoet nie, sal die seun eendag baie trots wees op hom.BitterDie jong weduwee het die lede van die Polisiediens bedank vir hul ondersteuning die afgelope ruk.Unathi Kolanisi – wat saam met Kemp by die lugvleueltak gewerk het – het Vrydag aan Kemp se naasbestaandes gesê hulle mag maar kwaad en bitter wees en ál hul vrae stel. Sy het die familie die versekering gegee dat God in dié hartseer tyd baie na aan hulle is en dat die hemele tot stilstand gekom het om te fokus op die pyn waardeur die familie gaan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ons-seun-sal-op-hom-trots-wees-20190126

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.