‘Ontruim oor brand’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap het in­woners van St. Francisbaai gevra om weens erge brande te ontruim.Die munisipaliteit sê op sy Facebook-blad dat ’n wegholbrand huise verswelg.Hy skryf: “Alle inwoners en vakansiegangers word gevra om die gebied te ontruim. Gaan na St. Francis se munisipale kantoor vir veiligheid, indien­ vereis.”Noodgevalle’n Woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, Laura-Leigh Randall, sê teen gistermiddag het minstens vier huise reeds afgebrand.’n Mediese sentrum met beddens en mediese voorraad is by die United Church opgerig vir noodgevalle.Mense is gemaan teen gasbottels wat in huise ontplof. – News24

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ontruim-oor-brand-20181218

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.