Oom in selle aangerand | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Oom in selle aangerand | Die Son

ZOAR. – Die Ambros-familie van hier is die hel in nadat hulle oom Willem Ambros (60) glo erg in die polisieselle aangerand is.Hy moes vir twee kop scans gaan.Ambros is verlede Vrydagaand met die ambulans na die hospitaal geneem. So erg was sy beserings dat hy later oorgeplaas moes word na die George-hospitaal, waar brein scans op hom gedoen moes word.Anthea Ambros, sy niggie, vertel: “My oom is só erg aangerand dat sy spraak plek-plek wegslaan.”Hy is die betrokke Vrydag Ladismith toe om geld te gaan leen.“Toe moes ons later die nag hoor hy is in die hospitaal nadat hy glo in die selle aangerand is,” vertel sy.Volgens haar het haar oom erge beserings aan sy kop, gesig en lyf gehad.“Toe ons hom gaan besoek het, kon hy glad nie praat nie. “Ek was in trane om hom so te sien.“Ons soek antwoorde. “Hy is só erg aangerand dat hy twee keer vir scans moes gaan. “Hy het blykbaar brein­skade opgedoen.”Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, verduidelik: “Willem Ambros is saam met ander persone in dieselfde sel vir dronkenskap toegesluit.“Op ’n roetine-besoek is vasgestel dat Ambros aangerand is en dat daar bloed aan sy gesig was. “Hy is per ambulans na die hospitaal geneem. “In hierdie stadium is geen persone toegesluit vir die aanranding nie. “Die omstandighede rondom die aanranding word ondersoek.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.