Ou beroof by bank: Twee vas

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

TWEE mans het hulle gat gesien en is in hegtenis geneem nadat hulle ’n man beroof het wat uit ’n bank in Stutterheim gestap het. Siphokazi Mawisa, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het Saterdag- oggend by die Zizeni- informele nedersetting plaasgevind. Volgens Mawisa het die verdagtes die man genader en met vuurwapens gedreig nadat hy cash onttrek het. Hulle het met die slagoffer se kar gevlug. TeruggekeerDie voertuig is later verlate aangetref in die Amabhele- informele nedersetting buite die dorp. Mawisa sê die mans is in hegtenis geneem nadat die slagoffer hulle geïdentifiseer het toe hulle teruggekeer het na die gesteelde kar. Hulle verskyn vandag in die plaaslike landdroshof op aanklag van roof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-beroof-by-bank-twee-vas-20181202

Reactions

Nobody liked ?