Please log in or register to like posts.
News

GISTEROGGEND is die lyk gekry van ’n 25-jarige man wat vermoedelik met ’n mes vermoor is.Mense wat agter die taxirank in Hanover Park saamgedrom het, het vertel skoonmakers het die man se liggaam gekry.“Hy het in ’n oop kamer gelê op ’n plek wat bekend is daarvoor dat mense daar drugs gebruik en seks.“Daar word gereeld gekla oor die mense wat daar drugs doen en seks,” het een persoon vertel.Die vermoorde man se broek was half afgetrek. Hy het op sy rug gelê.Volgens ’n polisiewoordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, onder­soek die polisie van Philippi die saak.“Die slagoffer is gisteroggend tussen die terminusse gekry. Hy het veelvuldige steekwonde gehad. “Die polisie het ’n moordsaak oopgemaak.”Woensdag om 15:45 het ’n vermoedelik bendeverwante skietery op die hoek van Wallflower Street en AZ Berman Drive in Lente­geur, Mitchells Plain, uitgebreek.’n Man (20) is doodgeskiet. Twee mense van onderskeidelik 26 en 36 jaar is gewond. Een vrou is in die been getref.Volgens Rwexana het drie mans in ’n silwer Toyota Tazz verbygery en op mense geskiet.“Die gewondes is na ’n hospitaal geneem vir behandeling.“Die polisie soek steeds na die aanvallers.”Dít volg op die skietery Dinsdagmiddag in Leeubekkiestraat. In dié voorval is ’n man en sy twee kinders gewond. Leeubekkie is net ’n paar strate van Wallflower af.Dinsdag is ’n 21-jarige man in Tafelsig, Mitchells Plain, doodgeskiet.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.