Ou dood toe muur val

Please log in or register to like posts.
News
Ou dood toe muur val

’N JONG pa is gister dood toe ’n muur op hom getuimel het.Dit was toe die slagoffer, Dezaan Cochran (26), en ’n paar mans Woensdag die mure van ’n ou, vervalle gebou probeer sloop het.Cochran en die ander was agter die bakstene aan van die gebou in Fabriekstraat in Uitsig.Een van die mure het in die proses meegegee.Cochran het probeer weghardloop, maar van die bakstene het eers op sy been geval.Hy het geval, en dis toe dat ’n gedeelte van die muur bo-op hom getuimel het.toneel: Dezaan Cochran se familie is ontroosbaar. Hy is dood nadat ’n muur op hom ingestort het.Cochran se broer, Anthony­, sê die inwoners het baie gekla oor die ou murasie.Die jongens het die bak­stene daar losgekap om dit te loop en verkoop.Anthony sê: “Dis algemene kennis dat tikkoppe en dagga­rokers in daai ou gebou uithang en sommige bergies slaap snags daarin.”’n Gemeenskapswerker, Denise Pama, sê die in­woners kla al langer as ses jaar dat die murasie ’n risiko is en vra dat dit gesloop moet word.’n Ontstelde Pama sê: “Baie kinders speel ook gewoonlik­ daar; dit kon so maklik ’n kind gewees het wat daar gesterf het.“Hoeveel mense moet nog sterf of beseer word voordat die gebou gesloop­ word?”vermoor: Nabeel “Bielo” Rossi van Hanover Park, is Woensdag agter die stuurwiel van sy taxi doodgeskiet.Foto: FACEBOOK Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die omstan­dig­hede van die voorval bevestig en dat Cochran­ dood is.Van Wyk sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.In Hanover Park is ’n slagoffer ook Woensdag ongelukkig op ’n meer alledaagse wyse dood.’n Taxidrywer, Nabeel “Bielo” Rossi, is in Tafelbergstraat voor sy vrou en passasiers doodgeskiet.Rossi se moordenaar en ’n man het in Kaapstad by die taxi rank opgeklim.Hulle het tot langs ’n scrap­yard in Tafelbergstraat gery.Toe die twee mans uit die voertuig klim, het een van hulle op Rossi gevuur.Sy vrou het langs hom gesit.Sy het agter die stuurwiel ingeskuif en met haar gewonde man na die daghospitaal gejaag.Rossi het later daar aan sy wonde beswyk.Van Wyk sê die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.