Ou geskiet ná klop aan deur

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N GROOTSKAALSE ondersoek is begin nadat ’n 42-jarige man in sy huis in Kamesh, Uitenhage, doodgeskiet is. Die voorval het Sondag 19:15 in Decostraat, Tamboville, gebeur. Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die victim en sy girlfriend was by die huis toe hulle ’n klop aan die deur hoor. Toe die victim die deur oopmaak, het twee mans by die huis ingestap. “Die drie mans het gestaan­ en gesels, waarna ’n scuffle gevolg het. “ ’n Skoot het toe afgegaan.Weggery“Een van die verdagtes het toe na die girlfriend gegaan, haar selfoon geëis en toe beveel sy moet in die kamer gaan sit. “Daarna het hulle die sleutels van die slagoffer se maroon Volkswagen Caddy gevat en met die voertuig weggery. Die Caddy­ is later verlate in Uitenhage gevind.”Die slagoffer is op die toneel dood aan ’n koeëlwond aan sy bolyf. Die motief vir die moord is onbekend en speurders volg tans alle moontlike leidrade op, sê Swart. Die naam van die oorle­dene sal eers bekend gemaak word nadat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel en hy formeel uitgeken is. Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help met die ondersoek. Enigeen met inligting oor die voorval of die verdagtes word versoek om die Kamesh­-polisie te kontak by 041 988 8718. Inligting kan ook via Crime­ Stop deurgegee word by 08600 10111 of per SMS by 32211.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-geskiet-na-klop-aan-deur-20190204

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.