Ou geskiet toe hy help

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N SAKEMAN van die Baai is gister geskiet toe hy ’n koerier­ gehelp het wat deur vier mans met ’n vuurwapen aangehou is.Dié drama het hom gister­oggend in Govan Mbeki-weg afgespeel toe die koerier oorval is deur ’n gewapende aanvaller wat sy voertuigsleutels geëis het. Die boef se drie makkers het toe daar aangekom. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die eienaar van ’n nabygeleë winkel het die voorval gesien. Hy het toe sy eie vuurwapen geneem en die bestuurder van die voertuig gaan help. “Toe hy op die verdagtes skree, het drie weggehardloop. Beserings“Daar was toe ’n skietery oor en weer en die sakeman is twee keer getref – in die been en die maag.“In dié stadium is dit onduidelik of enige van die verdagtes beserings opgedoen het.”Die beseerde man is in ’n privaat motor na ’n plaaslike hospitaal geneem. Niks is in die voorval gesteel nie.Die polisie ondersoek sake van poging tot hijacking en poging tot moord.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-geskiet-toe-hy-help-20190212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.