Ou getref, talle laat | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N GOEDERETREIN het ’n onbekende man gisteroggend tussen die Blackheath- en Kuils­rivier-stasies gestamp.Die voorval het veroorsaak dat Metrorail se passasierstreine uit die Kaap net tot in Kuilsrivier kon loop – en honderde pendelaars weer vertraag is.Volgens Metrorail is die diens binne twee uur ná die voorval hervat.Daphne Kayster, woordvoerder vir Metrorail, sê: “Ongelukkig kon Metrorail nie alternatiewe vervoer­reëlings vir die passasiers tref nie.“Alternatiewe busvervoer is ook altyd ’n uitdaging in spitstyd, grootliks omdat die busmaatskappye wat hulle gebruik,­ commitments met ander companies ook het.” Johan van Loggenberg, ’n woordvoerder van Transnet, verduidelik: “Ons kan ook nie verhoed dat die dinge gebeur nie. “In baie van die voorvalle is dit selfmoordpogings en daar is net nie genoeg tyd vir die trein om te stop nie.”Transnet poog wel dat die omheining rondom stasies en die treinspore altyd gefix is en opgeknap word, sê hy. Daar is ook gereeld bewusmakingsveldtogte in hierdie verband.Loggenberg voeg by die drivers blaas ook die sirene hard genoeg vir individue op die treinspore sodat hulle kan hoor ’n trein is op pad.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-getref-talle-laat-20181122

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.