Ou getuig teen pelle oor ‘hit’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

KORT nadat hulle gun­shots gehoor het, het hulle Wayne Wabanie en Shamiel Galant af in die straat gesien hardloop met vuurwapens in die hand.So het ’n staatsgetuie gister in die Baaise hooggeregshof getuig in die moordverhoor van Wabanie, Galant en die voormalige polisiekonstabel Walter Francis. Die getuie is nou in die polisie se witness protec­tion programme.Die beskuldigdes staan tereg op klagte van moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Die klagte kom ná die skietdood van Alex Nico Ferreira (27), ’n artikel 204-getuie, in Februarie 2017.Volgens die staatsgetuie was hy, Wabanie en ander vriende op die dag van die voorval by ’n vriend se huis in Bardien Place in die Baaise Northerns. ’n Blou Polo het skielik voor die huis stilgehou. Die driver het glo gesê hy’t pas die art. 204-getuie gesien.Nadat die driver uit die kar geklim en op sy phone gepraat het, het Galant en nog ’n jong man glo by die huis opgedaag.BoksVolgens die staatsgetuie het Galant iets wat soos ’n skoendoos lyk, in sy hande gehad. Dit was in ’n plastieksak toegedraai.Hy het later gesien twee vuurwapens is in die boks.Volgens die staatsgetuie het ’n silwer Opel Corsa met getinte ruite kort hierna voor die huis stilgehou.Hy het getuig Wabanie en Galant het in die voertuig geklim.Omdat hy (die staatsgetuie) gedink het die mans gaan drank koop, het hy ook in die voertuig geklim.Volgens hom was Francis die driver van die voertuig.Hy het getuig hulle het gery en naby ’n kerk stilgehou.Volgens hom het Wabanie ’n vuurwapen uitgehaal en dit by sy maag by sy belt ingedruk kort voordat hy en Galant uit die kar geklim het.Die driver van die kar het toe weggery.Volgens hom is hulle toe terug na die vriend se huis in Bardien Place. Hy het getuig nadat hulle uit die voertuig geklim het, het hulle skote gehoor.Kort ná die skote het hulle Wabanie glo in die straat aangehardloop sien kom na die huis waar hulle vroeër was. Volgens hom het Galant ’n paar minute later by dieselfde huis opgedaag.Die staatsgetuie het gesê Wabanie en Galant het vuurwapens in hul hande gehad.Hy het bygevoeg toe hulle by die huis aankom, het hul vriende gesê hulle moet onmiddellik hul skippers (T-shirts) change­.Volgens die staatsgetuie het hy nie gesien of Wabanie sy T-shirt gechange het nie.Hy het gesê wat hy wel weet, is dat iemand vir Galant ’n jacket gegee het om aan te trek.Volgens hom is Galant aangesê om agter sy vriende te staan toe hulle buite die huis uitgehang het.Hy het getuig kort nadat Galant die jacket aangetrek het, het hy sy gun vir Wabanie gegee.Volgens hom het Galant toe af in die straat gestap.Wabanie het ook later af in die straat gestap.HakkeDie staatsgetuie het gesê terwyl Wabanie nog in die straat gestap het, het twee polisievoertuie appear en hom agternagesit.Volgens hom het Wabanie by ’n huis ingehardloop, met die cops op sy hakke.Die staatsgetuie het gesê hy weet nie wat toe met Wabanie gebeur het nie. Die saak dien voor regter Elna Revelas.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-getuig-teen-pelle-oor-hit-20190213

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.