Ou in hof voor hy kon sê mes

Please log in or register to like posts.
News
Ou in hof voor hy kon sê mes

STACEY Petersen (37), wie se man haar 32 keer met ’n mes gesteek het, is gister uit die hospitaal ontslaan.Volgens haar familie het sy nog baie pyn, maar sy is bly om terug by die huis en by haar kinders te wees.Intussen het haar man, Jamiel (29), gister vlugtig in die Wynberg-landdroshof verskyn.Hy word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.Stacey se familie is bly dat hy so gou gearresteer is en dat hy in aanhouding moet bly.Jamiel is Saterdagaand kort ná die aanval op Stacey in Steenberg gearresteer.Sy is 22 keer in die kop gesteek en verskeie ander kere in die rug en op haar hande.Volgens haar familie het hulle eers drie maande gelede uitgevind Jamiel mishandel haar.IN TJOEKIE: Jamiel Petersen (29) het gister in die Wynberg-landdroshof verskyn.Dit was toe hulle ’n oproep van ’n maatskaplike werker ontvang het.’n Familielid sê: “Die maatskaplike werker wou die ag maande oue tweelingseuntjies in pleegsorg sit oor hy die kinders mishandel en aanrand.“Ek het voorgestel dat sy en die kinders by my kom bly.“Hy het twee maande daarna ook by haar kom intrek.“Naweke wanneer hy dronk was, het hy altyd met haar gestry en haar geslaan.”Die paartjie is al 12 jaar getroud. Hulle het voorheen in Elsiesrivier gewoon.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply