Ou kan bieg hy is ‘kid killer’

Please log in or register to like posts.
News
Ou kan bieg hy is ‘kid killer’

DIE vermeende moordenaar van Hakeem Baartman (2) van Helenvale gaan moontlik ’n pleit­ooreenkoms met die staat sluit.Marshall Thomas (22) van Voisinstraat in Helenvale het gister vlugtig in die Baaise hooggeregshof verskyn.Hy staan tereg op klagte van onder meer moord, poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Hakeem was op 18 November 2017, die dag van die voorval, saam met ’n familielid op pad na Hakeem se biologiese pa.In ’n stadium het die kleuter in die straat gestap.Luidens die klagstaat was die beskuldigde se actual target in daardie stadium naby of op die trappe by Hartebeesstraat 54.Die familielid het naby hom gestaan.Die beskuldigde was in die geselskap van ’n onbekende persoon in die yard van Hartebeesstraat 54.Hy het toe glo in die rigting van die target losgebrand.Die target het opgespring en in die straat afgehardloop terwyl gunshots in sy rigting afgevuur is.Luidens die klagstaat het die beskuldigde se teiken na ’n aangrensende straat gehardloop. In daai stadium het baie mense buite hul huise gestaan.Toe die skietery opgehou het, het die target besef hy is in die kop getref.Hy het toe na die toneel teruggehardloop.Kort nadat Hakeem in die kop getref is, het die familielid die kind opgetel en hom na sy ma geneem.Daar is toe met Hakeem in die voertuig van ’n neighbour na die Livingstone-hospitaal gejaag.Hy is dieselfde dag in die hospitaal dood.Luidens die klagstaat is die beskuldigde ’n lid van die Dondolos-bende.’n Nadoodse ondersoek op 22 November 2018 deur dr. Gregory Hanslo het aan die lig gebring Hakeem is dood aan ’n gunshot in die kop.Die beskuldigde se target het mediese behandeling in die Livingstone-hospitaal ontvang vir sy wonde. Hy is kort daarna ontslaan.Die staat sê die misdaad is gepleeg binne 500 m van die Hillcrest Primêre Skool.Adv. Rafiek Ahmed, die staatsaanklaer, het die hof gevra om die saak tot môre uit te stel omdat ’n pleitooreenkoms moontlik is.AangehouThomas se lawyer, Johan van der Spuy, het aangedui die verdediging bespreek ’n moontlike pleitooreenkoms met die staat.Intussen het Thomas, by monde van Van der Spuy, gesê hy word die laaste paar dae in die Mountweg-polisiestasie aangehou. Hy wil teruggaan na die St. Albans-tronk omdat hy daar veiliger voel en omdat al sy besittings daar is.Regter I. Schoeman het gesê die kwessie sal môre bespreek word.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.