Ou kla polisie skok hom met tokkelossie

Please log in or register to like posts.
News
Ou kla polisie skok hom met tokkelossie

TWEE van die vermeende strand rapists beweer hulle is gemoer om ’n bekentenis te maak.Mondré Fakier en Brandon-Lee Horn sê hulle is ná hulle arrestasie verskeie kere deur polisie­lede aangerand.Die beweringe het gister aan die lig gekom in ’n binneverhoor in die Kaapstadse hooggeregshof.Horn beweer hy is van 8 tot 10 Oktober 2016 verskeie kere deur twee cops in die maag geskok met ’n masjien bekend as ’n tokkelossie.Fakier beweer hy is op Saterdag 8 Oktober 2016 en Sondag 9 Oktober 2016 gedreig en twee maal aangerand by die Gordonsbaai-polisiestasie.Hy het na bewering swelling aan die regterkant van sy gesig gehad en sy tandvleis aan die regterkant was glo ook geswel.Verder het Horn beweer die verklaring was klaar uitgeskryf en hy moes dit net onderteken.GeklaDie hof het ’n video van die begin van Horn se bekentenis gesien. Die inhoud is nog nie bekend gemaak nie.In die video is dit duidelik dat die polisieman ’n paar keer aan Horn vra of hy gedreig, aangerand of beloon sou word vir die bekentenis. Op al hierdie vrae het Horn “nee” gesê. Verder het lt.kol. Adrian Pretorius gister getuig hy dra geen kennis van enige aanrandings nie. Hy sê nie een van die verdagtes het by hom daaroor gekla nie.“Vandag is die eerste keer dat ek hoor van die aanrandings,” het hy getuig.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.