Ou kry life vir verkragting

Please log in or register to like posts.
News
Ou kry life vir verkragting

’N SERIAL rapist van Maluti in die Oos-Kaap is onlangs gevonnis tot lewenslange tronkstraf en ’n addisionele 30 jaar.Dumisa Tsoele Ngobe (27) is Maandag gevonnis in die Kokstad-streekhof.Ngobe is skuldig bevind dat hy ’n 14-jarige meisie in 2013 verkrag het.Die slagoffer was op pad winkel toe toe die beskuldigde haar na sy huis toe gesleep en verkrag het.Sy het dit reggekry om te ontsnap en het die saak by die polisie aangemeld.In ’n ander voorval in 2017 het die beskuldigde by ’n 18-jarige vrou se huis ingebreek en haar beveel om saam met hom na ’n begraafplaas te gaan.Daar het hy haar verkrag en beroof van twee selfone en R24.Die slagoffer het beloof om die verdagte geld te gee en dit het haar gehelp om te ontsnap. Die verdagte is later in Maluti gearresteer.Ngobe het vir die verkragting in 2013 ’n lewenslange vonnis ontvang. Vir die tweede verkragting het hy 15 jaar tronkstraf gekry. GeprysHy is in dié saak ook aangekla en skuldig bevind aan huisbraak met die doel om te beroof en roof met verswarende omstandighede. Ngobe het 15 jaar tronkstraf vir die laasgenoemde klagte gekry.Nobathembu Patricia Mvango, bevelvoerder van die Matatiele-eenheid belas met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeamptes geprys vir hulle harde werk.“Dié vonnis is ’n duidelike boodskap aan al die oortreders om te weet hulle sal voor die volle mag van die gereg te staan kom.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.