Ou ná vete met mes doodgelem

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

OMDAT hy vir sy lewe gevrees het, kon hy net hulpeloos toekyk hoe booswigte sy smoking buddy vol gate steek.Hierna het die steker sy visier op die slagoffer se ma gedraai en haar ook met die mes attack.Brandon Human (21) van die informele nedersetting McCarthy in Uitenhage het Sondagmiddag kort ná die aanval op hom in ’n hospitaal aan sy steekwonde beswyk.Diego Februarie (22), Human se rook-vriend, sê hy het omstreeks 14:00 by Human in dié se shack gekuier.Volgens hom het ’n onbekende ou verby die shack gestap en aanhoudend na Human – wat in daardie stadium in die deur gestaan het – gestaar.AgteroorvalFebruarie sê die ou het na Human gestap en hom in die shack gestoot.Volgens Februarie het Human met die agteroor-val ’n mes wat op sy bed gelê het, gegryp en die man in die mond gesteek.TRANE: Suzanne Rooi is hartseer oor haar grootmaak-kind.Die gewonde ou is toe daar weg.Hy sê later het drie ouens – gewapen met ’n byl en ’n hokkiestok – by Human se shack aangekom.Human was egter nie tuis nie.Volgens Februarie is hy huis toe en het hy later die dag weer met Human in sy shack opgehook.Hy sê drie ouens – sonder die een wat vroeër gewond is – het teruggekeer na Human se shack, waar hulle hom aangetref het.Volgens Februarie het die een ou Human se kop onder sy blad vasgehou en hom aanhoudend met ’n mes in onder meer sy rug gesteek.Die ander twee ouens het Human aanhoudend geskop.’n Bebloede Human het daarin geslaag om weg te kom, maar ’n ent verder voor ’n ander shack se deur inmekaargesak.Human se ma, Nellie Rooi (49), sê nadat die jongens haar seun aangeval het, het die een jong na haar toe gestap en gesê: “Julle moet saam met julle kinders doodgesteek word.”Sy sê hy het ’n mes uitgepluk en haar in die nek en bo die linkeroog gesteek.Human se grootmaak-ma, Suzanne Rooi, sê Human was Vrydag so upset en het vir haar gesê ouens pla hom.Sy sê hulle sou gister ’n interdik teen die jongens probeer kry het.Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, bevestig ’n moorddossier is aangelê.Sy sê enigeen met meer inligting kan AO Andrew Hoffman by 041 988 8200 bel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-na-vete-met-mes-doodgelem-20181105

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply