Please log in or register to like posts.
News

’N LASBRIEF is Vrydag uitgereik vir die inheg­tenisname van ’n vermeende killer oor hy nie vir sy trial in die Baaise hooggeregshof opgedaag het nie.Xolani Nyangwa (24) van Motherwell staan tereg op aanklag van moord. Die slagoffer was Sinoxolo Wendy Beyi (14).Adv. Marius Stander, vir die staat, het regter Glen Goosen meegedeel dat Nyangwa, wat op borgtog uit is, nie dié keer vir sy saak opgedaag het nie.Hy het aan Goosen gesê hy het die ook ondersoek­beampte gevra om die gebied rondom die hofgebou te patrolleer.Nyangwa se regsverteenwoordiger, Xolile Bodlo, het aan die hof gesê sy kliënt daag altyd vroeg vir sy trial op. Bodlo sê wanneer hy soggens by die hof opdaag, is Nyangwa gewoonlik reeds daar.Bodlo sê verder hy het van Nyangwa se familie verneem hy het nooit ná Woensdag se hofverrigtinge teruggekeer huis toe nie.Daarop het Stander die hof gevra om ’n lasbrief vir Nyangwa se inhegtenisname uit te reik.Stander het aan Goosen gesê hy sit met twee getuies van elders en hulle moet dieselfde dag nog terugkeer na hulle tuiste.Die een is van Kaapstad en die ander van die Transkei. Stander het onderneem om die getuies te verskoon.Die saak teen Nyangwa spruit uit ’n voorval in 2017.Beyi was op Saterdag 30 September in die geselskap van vriende in die Ziyawa Tavern in Mpangele­straat, Motherwell.In ’n stadium het Beyi en een van haar vriende buite die tavern gaan staan.Nyangwa was toe ook buite die tavern.Luidens die klagstaat het hy Beyi gedwing om saam met hom te gaan na ’n halfgeboude huis in die nabygeleë Mvokontshistraat.SlaanNyangwa het haar na bewering verbied om die huis te verlaat en toe Beyi haar probeer verset, het hy haar na bewering aangerand deur haar met ’n voorwerp te slaan.Die staat sê hy het haar ook geskop en daarna aan die brand gesteek.Toe die polisie op die toneel opdaag, het Beyi se lyk steeds gebrand.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.