Ou permi by sugar momma

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaMY KÊREL hardloop agter sy getroude sugar mommy aan.Haar man het haar net so gelos oor haar sleggeid.Ek is A van H en is nog ’n jong vrou. Ek het een kind van hierdie sleg jong en weet nie hoekom hy my so moet verneder nie.Hierdie vrou is ouer as ek. Ek is mooier as sy, want sy het swart kringe onder die oë en lyk soos ’n uil.Hy hardloop na haar as ek in die werk is. Sy werk nie eens elke dag nie en sê vir hom wanneer hy moet omkom na haar toe.Ek het gesê hy moet loop, maar hy is die dikvelligste man wat ek al gesien het.Hierdie twee lovers kom al lank aan en bly ook in H.Ek gaan vreeslik gebuk onder hierdie ou van my. Hy vloek my lelik, tot onder my rok uit.KoekEk het nog my kind verwag, toe mors hy al met hierdie ou vrou.Antie, ek kan nie verstaan hoekom my kêrel agter haar koek aan hardloop nie.Die man wil my nie los nie, maar ek kan nie meer so aangaan nie.Die sugar mommy het my hele verhouding kom opmors.Sy steek haar weg, want sy is bang vir my.Selfs al is ek by die huis, hardloop hy na haar toe.Hy sê hulle is ou vrinne, maar hy slaap tussen hierdie ou vrind se bene. –Raadop van HJy moet verstaan dat hierdie hoerery nie net van die suiker-tannie se kant af kom nie.Jou boyfriend is net so skuldig en dit maak nie saak hóé dik sy vel is nie, jy kan steeds van hom ontslae raak.Hy verneder jou, want jy laat hom toe om jou so te verneder.Dit is tyd om plak vas te maak en hom once and for all uit jou lewe te kry.As dit nie anders kan nie, dan kry jy hom met ’n interdik uit jou huis.Hy boer so baie by hierdie vrou, hy kan mos maar net so wel by haar gaan bly.Wat wil jy anyway met ’n man maak wat geen respek vir jou het nie en jou so lelik uitskel?Nee, meisa, dis tyd dat jy begin glo jy verdien meer as ’n man wat jou openlik vir ’n pop vat.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/ou-permi-by-sugar-momma-20190316

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.