Ou se eks pers hom af met seks-tape

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK HET ’n baie goeie werk in die property industry wat baie goed betaal.Antie, ek het heel onder begin en deur harde werk is ek redelik bo in my bedryf.Dit is nog nie heeltemal waar ek wil wees nie, maar ek werk towards daai.Ek en my meisie het onlangs opgebreek. Ons het eenvoudig net te veel gestry en dinge was nie meer dieselfde tussen ons nie.Antie, wat my aanvanklik na haar aangetrek het, was haar avontuurlus.Daar was nie ’n ding op hierdie aarde waarvoor C nie kans gesien het nie.Ek wil amper nie eens van die seks praat nie! Dit was die beste wat ek al ooit gehad het.Ons het altyd ’n porn DVD ingesit en het dan van die styles uitgetry.Só ’n vrou kry ’n mens nie sommer nie en ons het lekker goeie tye saam gehad.Dit was sy wat met die voorstel gekom het dat ons seks in my baas se vakansie flat moet hê.My baas was daardie tyd oorsee en ek het ’n spaarsleutel gehad om altyd seker te maak dat alles oukei daar is.Ek was aanvanklik skrikkerig.My baas is ’n goeie vrou. Streng maar regverdig.Sy het my al baie kanse in die lewe gegee.C het gesê dit was nog altyd haar fantasie om seks te hê in ’n plek wat nie aan haar behoort nie.Steeds was ek skepties. Maar toe sê sy dis duidelik ek is nie lief vir haar nie.Antie weet mos hoe kan daardie woorde op ’n mens se mind speel.En as ’n man moes ek my mos darem bewys.Toe my baas weer op een van haar business trips was, het ek ál my moed bymekaargeskraap en het C na die flat gevat.Ek moet erken, dit was beslis die risiko werd.Ons het als wat mal is aangevang. Selfs ’n video van alles gemaak.En nou het die einste video gekom om my te haunt.Ek en C is nie meer saam nie, soos ek reeds vroeër gesê het.Sy het aan al ons vriende gesê sy het nie meer kans gesien vir my nie, maar die waarheid is dat ek nie meer ’n toekoms vir ons saam gesien het nie.Maar as gentleman smile ek maar net as mense my oor ons breakup uitvra.Nou pers C my af en sê sy gaan my baas die video wys.Antie, ek weet my baas gaan geskok en teleurgesteld wees. Daar is die kans dat ek selfs my werk kan verloor.C soek nou geld by my.Ek weet nie wat om te maak nie. Ek besef as ek ingee en haar geld gee, sal sy altyd later terugkom vir meer geld.So, hoe maak ek in hierdie geval? – G van die Pan, WhatsAppJy is absoluut reg as jy sê sy sal net weer en weer terugkom vir meer geld.Afpersing is ’n crime – iets wat haar in die tronk kan laat beland.Dit is tyd dat jy dít onder haar aandag bring en haar vra of sy lus is om die Big Days in die mang deur te bring.As dit haar nie afskrik nie, is dit tyd dat jy oop kaarte met jou baas speel.Jy sê mos sy is streng maar regverdig en wie weet, dalk besluit sy om jou nog ’n kans te gee.Hopelik is die ergste ding wat sal gebeur dat sy jou nie weer toegang tot haar flat sal gee nie.Hierdie opsies is baie beter as om geld uit te gee op dié afperser-eks.En moet tog in die vervolg nie weer sulke dinge aanvang nie.Jy sien dan nou hoe kan ’n eks se kop uithaak as dinge nie meer lekker tussen julle is nie.Hierdie video-goete kan jou liederlik aan die stert byt.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/ou-se-eks-pers-hom-af-met-seks-tape-20181201

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.