Ou se hande wil jik as vroulief oor kollega vra

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK HET regtig Antie se raad baie nodig.Ek en my ou is al vier jaar saam en ek is baie lief vir hom.In die tyd dat ons ’n couple is, het ek nog nooit enige probleme met ander vroumense gehad nie.Daar is egter dié een vroulike kollega van hom wat regtig op my kerrie werk.Iets sê vir my hulle het iets aan die gang, want sy bly hom bel. Ons het al in die verlede oor haar opgebreek.Obviously ontken hy daar is ’n ding tussen hulle. Hy raak só kwaad dat hy my wil slaan.Hoe moet ek die situasie hanteer, Antie? – Bekommerd, WhatsAppLiefie, waaroor jy eintlik regtig bekommerd behoort te raak, is hierdie man wat sy hande vir jou wil lig.Dit laat Antie regtig wonder wat dan so wonderlik aan hierdie ou is. Jy sê aanvanklik dat julle vier wonderlike jare agter die rug het, maar dan sê jy weer julle het voorheen oor die einste kollega opgebreek.’n Gelieg en oneerlikheid is ’n vinger in elke verhouding se oog. As hy die kat in die donker knyp, moet hy eerlik met jou wees sodat jy met jou lewe kan aanbeweeg.Maar dit klink asof jy bitter lank sal moet wag voordat hy van sy kant af oop kaarte met jou sal speel.Dus is dit tyd dat jy jou eie speurwerk doen en agter die kap van die byl kom.As jou gut feel­ing vir jou sê daar is ’n slang in die gras, moet jy ’n bietjie snuffel en uitvind of dit wél so is.En as dit wel die geval is, sal jy moet besluit of jy veel langer wil bly by ’n ou wie se hande jeuk vir jou.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/ou-se-hande-wil-jik-as-vroulief-oor-kollega-vra-20181222

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.