Ou skiet op puffers wat hom pass

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HULLE wou nie hulle tik deel nie, toe word hulle geskiet. Nou ondersoek die polisie se bendetaakspan twee klagte van poging tot moord. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die skietvoorval het Dinsdag 22:00 in Martinweg in Gelvandale plaasgevind. Twee mans en ’n vrou (20) het in ’n kamer gesit en rook. Getref“Die verdagte het by die kamer ingekom en gesê hy wil ook rook. Toe hulle hom ’n trek weier, het hy gedreig hy sal terugkom vir hulle. Hy is toe daar weg.”Enkele minute later was hy terug en is twee van die drie rokers geskiet. ’n Man (27) is in sy maag getref en die vrou in haar skouer. Die skieter is te voet weg. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-skiet-op-puffers-wat-hom-pass-20190313

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.