Ou verskyn in hof ná cops drugs, ‘gun’ in flat vind

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N MAN het gister in die Baaise landdroshof verskyn nadat hy met drugs en ’n vuurwapen in sy flat in Sesde Laan, Newton Park, betrap is. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê lede van die operasionele ingrypingspan van die Mountweg-polisie het die flat Dinsdag omstreeks 10:00 deursoek. Hulle het ’n .38 Special-rewolwer, ammunisie, sowat R16 000 kontant, ’n klein hoeveelheid cocaine en 10 Mandrax-pille gekry. AangeklaDie vuurwapen behoort aan ’n security-maatskappy en is nie as gesteel aangemeld nie. Die man is aangekla van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, sowel as die handel in en besit van dwelms.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-verskyn-in-hof-na-cops-drugs-gun-in-flat-vind-20190313

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.