Ou vuur op stryers – skiet een dood

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN is gearresteer nadat hy op ’n groep vriende in ’n tavern in die Walmer township in die Baai gevuur het.Dit was Saterdag omstreeks 16:30 terwyl die groep die sokkerwedstryd tussen Suid-Afrika en Nigerië gekyk het.Ayanda Jamta (24) is op die toneel dood nadat hy in die rug getref is. Jamta se twee vriende is net gewond.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisie­woordvoerder, sê die verdagte, wat nie ’n lid van die groep was nie, het op die mans gevuur toe hulle onder mekaar begin stry het.Die polisie is onmiddellik ontbied nadat hy van die toneel­ gevlug het. Terwyl hulle op pad was na die tavern, het die polisie agterdogtig geraak toe hulle ’n man sien hardloop.Hulle het hom agternagesit en toe hulle hom stop, is ’n rewolwer in sy besit gevind. Dié rewolwer is vroeër die maand in ’n huisbraak in Walmer gesteel.Die verdagte verskyn vandag in die hof op ’n aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ou-vuur-op-stryers-skiet-een-dood-20181118

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.