Ouboet groet ma se mense

Please log in or register to like posts.
News
Ouboet groet ma se mense

WYLE Marilyn Stebuys se ouers sorg baie goed vir haar twee minderjarige kinders.Só het Glynis Jacobs, ’n maatskaplike werker van Humansdorp, gister in die Baaise hooggeregshof getuig. Haar getuienis is deel van die voorvonnisverrigtinge vir Marilyn se moordenaar, Déne Stebuys (42). Sy is in 2016 dood.Marilyn en Déne het vier kinders gehad. Jacobs is gevra om ’n verslag saam te stel oor hulle welstand. Die verslag kom nadat die Stebuys-egpaar se oudste seun, Denwin (19), besluit het hy wil nie meer by sy ma se ouers woon nie. Volgens Jacobs is die gesin se aangenome baba in ’n secure foster home geplaas.Jacobs het getuig haar departement sal die minder­jarige kinders se versorging deurgaans dophou.Volgens die maatskaplike werker het die egpaar se minderjarige dogter tydens ’n onderhoud gesê sy is nog nie gereed om haar pa te sien nie. BehandelUit Jacobs se onderhoude met die familie het dit aan die lig gekom dat die egpaar se minderjarige seun sy pa se ouers gereeld besoek.Denwin het vroeër getuig hy het uit sy maternal grandparents se huis getrek omdat hy nie reg behandel is nie, het Elsabé Theron gesê. Sy is Déne se lawyer.Volgens Jacobs het sy opvolgwerk in dié verband gedoen. Sy het getuig dit het aan die lig gekom dat Denwin nie die huisreëls wou eer­biedig nie en nie daaglikse takies in en om die huis wou verrig nie.Volgens Jacobs het dit erger geword en Denwin het ál meer disrespekvol teenoor sy ouma-hulle opgetree. Jacobs het gesê Denwin het besluit om weg te trek uit die huis van sy vermoorde ma se ouers. Volgens haar was daar nie doelbewuste neglect aan die kant van Marilyn se pa nie. Volgens Jacobs woon Denwin nou in sy pa se huis en het hy ’n vaste job.Jacobs het gesê dat Denwin ’n werk het en op sy eie woon, dui op volwassenheid. Déne word môre gevonnis.

Reactions

Nobody liked ?