Oud-bloue kry 4 j. vir stilbly

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

ALICIA Beeming, ’n voormalige konstabel in die provinsiale bende-eenheid, is gister tronkstraf van vier jaar opgelê op ’n klag van dwarsboming van die gereg.Dié straf is vir eers op ys gesit omdat die hof Beeming 30 dae gegee het om haar kinders uit te sort.Streeklanddros Onke Myataza het gesê by vonnisoplegging moet die hof die belange van ’n oortreder se kinders ook in ag neem.Myataza het benadruk Beeming (27) is haar drie minder­jarige kinders se primêre versorger.Hy het bygevoeg die hof moet toesien die kinders is in goeie sorg wanneer ’n skuldige tronkstraf kry.Beeming het vroeër in haar pleitverduideliking gesê sy het tussen 1 April 2014 en 6 Maart 2015 geweet Hans Jordaan, ’n gangster, is ’n wanted suspect­.VerdoemendeVolgens haar het sy in dié tydperk geweet waar hy is en sy het kontak en meetings met hom gehad. Beeming het erken sy het uit die aard van haar werk ’n wetlike plig gehad om haar commander van Jordaan se whereabouts te laat weet. Maar sy het toegegee sy het nie haar bevelvoerder hieroor ingelig nie.Myataza het in vonnisoplegging weer verwys na die verdoemende getuienis van lt.kol. Mike Grobler, die hoof van die provinsiale bende-eenheid.Grobler het vroeër getuig die vertroue tussen die bende-eenheid en inwoners van die Baaise Nor­therns is heeltemal vernietig toe Beeming in hegtenis geneem is.Hy het verduidelik toe Beeming in hegtenis geneem is, moes ál haar sake in daardie stadium terug­getrek word omdat sy nie meer as ’n geloofwaardige getuie beskou kon word nie.Grobler het bygevoeg weens Beeming sit hy tans met ’n siviele eis van R5,5 miljoen teen hom.Volgens Grobler was Beeming ’n ondersoekbeampte in bendeverwante sake. Hy het gesê sy het insae gehad in ondersoeke, witnesses, beskuldigdes en strategieë wat verband hou met die oplos van bendeverwante probleme.Myataza het bevind weens Beeming se gedrag het Jordaan vervolging vrygespring en is slagoffers geregtigheid ontsê omdat klagte teen hom laat vaar is.SorgDie streeklanddros het gesê Beeming het die regstelsel ondermyn en die lewens van haar kollegas en staatsgetuies in gevaar gestel.Hy het bygevoeg bendes saai verwoesting in die Northerns.Hy het gesê luidens ’n verslag voldoen ’n tannie van Beeming en haar man aan al die vereistes om vir Beeming se kinders te sorg.Volgens hom support die hele familie die tannie en haar man se besluit om na die kinders om te sien.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/oud-bloue-kry-4-j-vir-stilbly-20190314

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.