Oud-vark se vrou doen nou dieselfde aan hom

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK WAS in die verlede ’n vark van ’n man wat sy vrou baie sleg getreat het.Ek het gesuip soos ’n vis en net tyd vir my vriende gehad.So drie jaar gelede het ek my lewe verander en besluit om ’n beter man vir my vrou en pa vir my kinders te wees.Dit was lekker om weer iemand te wees op wie my gesin kan staatmaak.Maar nou is my vrou dan nou die een wat uitdraai, Antie.Sy is met verkeerde vriende deurmekaar wat haar ál die verkeerde goed wysmaak.Sy gaan nie eens saam met ons kerk toe nie en as sy dronk by die huis aankom, skel sy my uit dat ek nie ’n man is nie.Antie, dit frustreer my baie. Ek weet ek was nie ’n engel in die verlede nie, maar ek probeer beslis my bes om ’n beter mens te wees.Hoekom kan my vrou dit dan nie so sien nie? Die kinders is baie ongelukkig oor hul ma wat nou so is.Ek praat baie met haar. As sy nugter is, kan sy nie tien tel nie.Maar as sy ’n dop in het, moet ek hoor ek moenie vir haar kom sê nie en dat ek nie haar pa is nie.My vrou was nie so ’n mens nie. Ek weet nie wat deesdae fout met haar is en hoe ek haar kan probeer kry om weer die vrou te wees wat sy was nie. – Teleurgestelde Man, WhatsAppAi, en ná jare van sukkel met jou, doen sy nou die presiese dinge wat jy voorheen gedoen het.Dit is regtig jammer dat sy nie kon sien hoe beter dinge in die huis is nie.Antie sê altyd ’n grootmens kan hom of haar nie deur ander laat beïnvloed nie.Sy is ’n groot vrou en behoort te weet wat reg en wat verkeerd is.Moenie ophou om sense In haar kop te probeer praat nie.Ek weet nie wat in haar lewe skeefgeloop het nie, maar nes sy nie moed opgegee het met jou nie, só moet jy ook nie moed opgee met haar nie.Hopelik kan jy tot haar deurdring en haar laat besef dat die antwoord op haar probleme nie in die drankbottel of verkeerde vriende lê nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/oud-vark-se-vrou-doen-nou-dieselfde-aan-hom-20190220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.