Oue gevang vir dwelmbesit | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN (63) van Stormsrivier is gearresteer met meer as 200 kg dwelms van byna R460 000 in sy besit. Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê dít kom nadat lede van verskeie polisie-eenhede onder Operasie Fiela II die huis in die Puntjiesbos-gebied deursoek het. Beslag is gelê op ongeveer 200 kg dagga en 1,7 kg tik met ’n straatwaarde van R458 250. Beslag is ook gelê op R3 404 kontant. Die 63-jarige man verskyn vandag in die Humansdorp-landdroshof op klagte van dwelmhandel. Brig. John Lebok, groeps­bevelvoerder, sê: “Dit is vir ons jammer om te sien dat ’n bejaarde betrokke is by dwelms en ons is dankbaar vir verantwoordelike gemeenskapslede wat die polisie help om misdaad te beveg.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/oue-gevang-vir-dwelmbesit-20181007

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.