Oue in sop oor tikkop

Please log in or register to like posts.
News
Oue in sop oor tikkop

’N OUMA wat haar 21-jarige kleinseun met ’n pan gedonner het, is vir aanranding aangekla.Ouma Beatrice May (67) het Gavin Vermaak daarvan beskuldig dat hy haar potte gesteel en in Parkdene, George, verkoop het. Bure het ook ingespring en die jong man aangerand. Hulle sê hy het dit verdien oor sy optrede.Die pensioenaris sê haar tikkop-kleinseun het al voorheen elektriese ware in die huis gesteel. Hy het selfs die badkamerdeur gesteel.Sy vertel sy het Saterdagmiddag by die huis gekom en gesien haar potte is weg.Alles“Hy het al ag stelle potte gevat en verkoop. “Ek was baie kwaad.“Ek is baie lief vir hom, maar hy steel alles wat in my huis is.“Hy het verlede jaar al die gloeilampies in die huis gesteel.”Die man het haar by die polisie gaan verkla en ’n saak is gemaak.’n Woordvoerder van die polisie, kapt. Dumile Gwavu, het bevestig die vrou is van aanranding aangekla.’n Gemeenskapsleier, Andrew September, sê hulle het gehoor die seun teister die vrou.“Ons het probleme met kinders wat drugs gebruik en dat hulle steel.” 

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.