Ouers gaan jong seun mis

Please log in or register to like posts.
News
Ouers gaan jong seun mis

“HY WAS my enigste, mooi seun. Ek gaan hom baie mis.”So sê ’n hartseer Charmanta Calvert, ma van die vermoorde Chadwin Calvert (17), gisteroggend aan Son.By Son se besoek gister aan Chadwin se ouerhuis het van sy skoolvriende hulle medelye met die familie kom betuig.Chadwin was in graad 9.Charmanta sê Vrydagaand was sy en haar man, Charlton, besig om gereed te maak vir night shift toe daar ’n ernstige klop aan hulle voordeur was.Sy sê toe Charlton die deur oopmaak, sê die persoon Charlton moet kom, sy kind is geskiet.Volgens Charmanta is Charlton toe weg na die toneel toe.Charlton sê: “Dis nie lekker om jou kind so te sien nie. ’n Mens verwag mos nie dit nie. Hy het toe nog geleef.”Charlton sê hy het aanhoudend vir Chadwin in die hospitaal gesê hy moet sterk wees en hy moet fight.Chadwin se ouma, Spasie Bantom, sê sy het in die hospitaal aan Chadwin se voete gevat en vir hom gebid.Charmante sê: “Dis so hartseer, want hy was nie rof nie.” Volgens Charlton is Chadwin Saterdag skuins voor 12:00 oorlede.Chadwin was die oudste van drie kinders, onder wie twee meisies.Geen begrafnisreëlings is al in dié stadium getref nie.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply