Ouma Kate (114) vier fees

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SY IS springlewendig vir iemand wat al 114 jaar op die aarde is.Kate Sampies van Blikkiesdorp in Uitenhage het gister haar verjaardag gevier met familie wat nie te ver van haar af woon nie.Haar kleinkinders, agterkleinkinders en agter-agterkleinkinders het spesiaal vir haar ’n verjaardag-koek gebak en dit mooi versier met pienk-en-wit.Sampies is soms ’n bietjie vergeetagtig, maar sy vergeet nooit om haar “kind”, ’n sagte teddiebeer, oral saam te vat nie. Dié kind het tot ’n kimbie aan, en sy vou hom altyd toe in ’n kombersie.Een van die redes hoekom sy so lank lewe, volgens haar kleinkind Margaret (46), is omdat ouma Kate altyd aan haar ouers gehoorsaam was.glimlag: Kate Sampies vier gister haar 114de verjaardag.Foto’s: deon ferreiraHaar ma het 115 geword. Hoewel haar eggenoot, Johannes, al 27 jaar terug oorlede is, glo Kate nog altyd hy gaan terugkom.Sy sê hy het gaan werk in die veld.GelowigSy en Johannes het 16 kinders saam gehad, maar sy moes al 14 van hulle begrawe. Sy het vele kleinkinders en agterkleinkinders.Ouma Kate is gelowig en bid gereeld. Sy sê sy wens die ander mense om haar kan ook op hulle knieë gaan en met die Here praat.Leanda (30), ’n kleinkind van ouma Kate, vertel sy moet haar ouma elke dag help om te was en aan te trek, en ook om skoon kimbies aan te trek.Maar sy kan steeds self loop en sy dans lekker wanneer sy musiek hoor. Sy maak selfs die huis skoon.Partykeer sal sy praat van die ou dae op die plaas en hoe hard sy gewerk het.Leanda vertel haar ouma gaan haal nou nog hout en sit dit in die stoof. Almal moet haar altyd keer dat sy dit nie aan die brand steek nie.“Sy was ’n baie streng ouma, maar uit liefde uit. Sy het altyd haar kos met ons gedeel en ander gehelp met kos en blyplek. Sy is ook eerlik en sê ’n ding net soos dit is,” lag Margaret.Die familie het gister die verjaardagkoek geniet en omtrént saam met hulle geliefde ouma gedans.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ouma-kate-114-vier-fees-20181126

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.