Ouma vier ’n eeu op aarde

Please log in or register to like posts.
News
Ouma vier ’n eeu op aarde

’N MYLPAAL van ’n hele eeu.Ouma Sarah Maria Schroeder pak vandag 100 kersies op haar verjaardagkoek.Sy glo haar geheim vir ’n lang lewe is haar gehoorsaamheid destyds aan haar ouers.Ouma Sarah spog ook met 27 kleinkinders.Sy is in 1918 in Touwsrivier gebore en het op die ouderdom van sewe Kaap toe getrek waar sy jare later getroud is.Uit haar huwelik van 52 jaar het sy 10 kinders in die lewe gebring.Ouma Sarah bly tans in Ravens­mead, waar sy haar kleinkinders met dissipline en streng reëls grootgemaak het.“Gehoorsaamheid vir my ouers was belangrik. Dit is wat my die voorreg gee om my 100ste verjaardag te vier,” sê sy.Ouma Sarah glo ook dit is deur liefde en vrede dat sy die milestone met haar twee oorblywende kinders, kleinkinders en agterkleinkinders kan vier.“Ek voel nog orrait. Ek kan nie lekker hoor nie, maar ek onthou nog baie,” sê sy.Een van haar agterkleinkinders, Natasha Schroeder (28), sê sy is baie bevoorreg om haar oumagrootjie nog in haar lewe te hê.Ouma Sarah se eie mammie, Francis Cornelius, het tot die ouderdom van 103 geleef.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.