Outop in sop weens wiele

Please log in or register to like posts.
News
Outop in sop weens wiele

DIE saak van ’n man (60) wat in die Baaise landdroshof op klagte van bedrog en voertuigdiefstal teregstaan, is tot Maandag uitgestel.Die rede vir die uitstel is om dié verdagte, Samuel Chitja, se identiteit te verifieer. Die PE-voertuigmisdaad-ondersoekeenheid het hom vandeesweek in hegtenis geneem.Die geskatte omvang van die bedrog is sowat R2 miljoen. Die inhegtenisneming het gekom nadat die polisie inligting opgevolg het met betrekking tot die where­abouts van die verdagte.Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Dinsdag omstreeks 00:30 is ’n lasbrief uitgevoer by ’n huis in Matshastraat in KwaZa­khele.Sy sê die verdagte is gearresteer vir ’n Mount Road-saak.Kapt. Janse van Rensburg sê die eerste geval dateer vanaf 24 Oktober 2018.Dit was toe hy ’n handelaar langs Kaapweg in Newton Park genader het oor ’n Ford Ranger Wildtrak.“Hy het ’n quote vir die bakkie gevra en het die salesman ’n paar keer gekontak.“Hy het toe gesê hy wag vir geld om te clear van ’n trust fund. “Daarna het hy ál die nodige dokumente ingedien sodat die transaksie afgehandel kon word.“Op 3 November het hy ’n bewys van betaling van ’n bank aan die handelaar gegee, en die voertuig, wat R453 490 kos, is aan hom oorhandig.“Op 5 November het die handelaar besef dat die geld nooit oorbetaal is nie en dat die trust fund ook nooit bestaan het nie.”StrekeÁl hierdie dokumente, insluitend die bankstate, was vervals. Die handelaar het onmiddellik ’n klag by die polisie­ aanhangig gemaak.Op 21 Februarie het die man sy streke by ’n motorhandelaar in Uitenhage­weg in Sydenham uitgehaal.Tóé het hy kamtig belang gestel in ’n 2018-model Renault Sandero.Op 26 Februarie het hy teruggekeer om die kar kamtig te test-drive.“Hy het aan die salesman gesê hy wil ’n familielid wat in die kar belang stel, naby Greenacres ontmoet.“Hy het gesê die familielid is by haar werk.“By Greenacres het die man ’n verskoning aan die salesman gebied oor waar die vrou is.“Hy het toe voorgestel hulle­ drink koffie terwyl hulle­ vir haar wag. Terwyl hulle koffie gedrink het, is hy glo gebel.Toemaaktyd“Hy het toe vir die salesman gesê die familielid wag buite en dat hy haar gou sal gaan haal.“Dit was die laaste dat die salesman die man en die kar, wat R180 000 kos, gesien het.”Janse van Rensburg sê nóg sake van bedrog en voertuigdiefstal teen dié man word in Despatch en George ondersoek.Sy sê: “Hy daag gewoonlik op ’n Vrydag- of Saterdagmiddag kort voor toe­maak­tyd by die dealers­ op en toon dan ’n vals bewys van be­taling.“Hy gebruik verskeie name­ in die vals trans­aksies – onder meer Mlindeli David September en Simphiwe Kahlela.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.