Pa bid by sy sterwende kid

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE stem van ’n vrolike kind wat gewoonlik al dansende by die straat afgestap het, is gister vir ewig stil gemaak.Die 17-jarige Jonathan “A” Terblanche van Helenvale is gister in Anita-rylaan doodgeskiet – net ’n blok van sy ouerhuis af.Volgens kol. Priscilla Naidu­, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval net ná 13:00 plaasgevind.Sy bevestig ’n 17-jarige seun is noodlottig gewond in Anita-rylaan.“Die omstandighede rondom die skietery is in dié stadium onbekend. Die provinsiale ondersoekeenheid na georganiseerde misdaad hanteer ’n saak van moord.”Terblanche het nog vir ’n rukkie gelewe nadat hy geskiet is. Hy het sterwend by die Mak Hasie Educare Centre gelê.Iemand het die tienerseun se ouers, Veronica­ (45) en Kenneth Jacobs­ (47), by die huis gaan roep. skok: Kenneth Jacobs hou ’n foto vas van sy oorlede seun toe hy nog ’n klein laitie was.Veronica wou nie na die toneel toe gaan nie, maar Kenneth het. Hy het by sy bebloede seun gaan sit en vir hom gebid totdat hy gesterf het. “Ek het heeltyd na hom toe geroep, maar hy het nie respond nie. Hy is deur die hart en in die sy geskiet.” Veronica sê dis die eerste keer dat haar seun by ’n skietery betrokke is. Sy sê sy gaan sy grappige persoonlikheid in die huis mis.Esmerelda Valen­tine­, Terblanche­ se niggie, sê sy dood bring vir haar bad memories terug van toe haar 13-jarige dogter jare gelede doodgeskiet is. Sy sê ’n mens kom nie oor so iets nie.’n NAGMERRIE: Esmerelda Valentine­ sê haar nefie se sterfte herinner haar aan haar 13-jarige dogter se skietdood jare gelede. Veronica en Kenneth beskryf hul derde oudste seun as ’n lieflike kind wat altyd sy huistake uitgevoer het. Hy’t altyd gelag en was lief vir gqom-musiek en het graag daarop gedans. Hulle sê hy was nie ’n gangster nie en het gewerk.Hulle sê hulle het altyd geworry oor hul kinders wanneer hulle skote gehoor afgaan het in die omtrek en nou het hul ergste nagmerrie waar geword.SlangparkTerblanche se vriende is net so geskok oor sy dood en het verslae in ’n driveway langs die moordtoneel gesit. Hulle beskryf hom as ’n goeie vriend wat gehou het van jokes maak en dans. Terblanche laat ook sy vyf broers en twee susters agter.Inwoners wat anoniem wil bly, sê dis die slangpark in Anita-rylaan wat ’n deurgang vir skollies is om vinniger te ontsnap en mense te beroof. Hulle soek nie meer die slangpark daar nie. “Ons loop hier (in die straat), maar dis nie veilig nie – ons moet so koes-koes hier deur loop,” sê ’n vrou.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/pa-bid-by-sy-sterwende-kid-20190205

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.