Pa dood ná boot omval

Please log in or register to like posts.
News
Pa dood ná boot omval

Deur  eie verslaggewerSaterdag, Januarie 12, 2019 22:00

verdrinking: Die NSRI sit hand by nadat ’n boot omgeslaan het.Foto: nsri
 ~ 

’N PA het verdrink toe die boot omgeslaan het waarin hy en sy kinders was. Dit het verlede Vrydag in die Swartvlei-meer tussen Sedgefield en Knysna gebeur.Volgens die NSRI het die pa (45) en sy kinders (16, 7 en 5) in George vakansie gehou. Hulle het vriende by die marina besoek. So 16:00 het hulle ’n boot gehuur om te gaan visvang.Craig Lambinon van die NSRI sê hulp is ontbied toe hulle teen sononder nog nie terug was nie. Die kinders is 20:30 gekry. Die pa se lyk is vroeg Saterdag gevind.

Ek hou van: Son NUUS

Ek hou van: Antie Mona

Ek hou van: Oom Sonnie

Ek hou van: Son SPORT

Ek hou van: Son GOSSIP

Ek hou van: Antie Mona
50%

Ek hou van: Oom Sonnie
7%

Ek hou van: Son GOSSIP
3%

Reactions

Nobody liked ?