Pa en baba in bed doodgeskiet

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N SEWE maande oue baba is saam met haar 40-jarige pa in ’n hit-style moord in die Baai afgemaai. Die pa, babameisie en haar 32-jarige ma het Woensdagaand in dieselfde bed in hul huis in Mabaso-straat, Veeplaas, gelê en slaap. Om 22:20 het twee verdagtes hul huisdeur afgeskop, sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder. Verskeie skote is afgevuur op Siyabulela Vena en baba Asesakhe. Albei is op die toneel dood. Die baba se ma het toe die skote begin klap het, onder die komberse weggekruip. Sy is ongedeerd. Die twee verdagtes het gevlug sonder om enigiets te steel. “Die motief vir die moorde is dus nog onbekend, maar die speurders ondersoek alle moontlikhede.”Dit is die 11de hit-style moordvoorval sedert Januarie in die Baai. Die ander slagoffers is Vuyani­ Ndike (40), Themba Makalima (25), Sabelo­ Ngquphe (30), Baba­ Ningi­ (48), Nkulu­leko Gcakasi (44), Pamela­ Nga­mlana (27), Marina Ntamo (37), Ludwe Papu (42), James Pietersen (42) asook Akhona Josah (26). Enige iemand met inligting oor dié moorde word vriendelik versoek om lt.kol. WIllie Mayi te kontak by 082 697 5914.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/pa-en-baba-in-bed-doodgeskiet-20190221

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.