Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SY PA se gun en kar.Dít is wat die polisie op die spoor gesit het van die enigste oorlewende verdagte in die moord op konst. Dwane Kemp, ’n lid van die polisie se blitspatrollie in die Baai. Die 24-jarige verdagte, wat ingevolge ’n hofbevel steeds nie genoem mag word nie, het Vrydag met sy aansoek om borgtog in die Baaise landdroshof begin. GesteelDie staat het by monde van die aanklaer, Melanie Hammett, die borgtog-aansoek teengestaan en die verklaring van die ondersoekbeampte, AO Walter Wait, voorgelees. Luidens die verklaring was die eerste ding wat die polisie na die verdagte gelei het, sy pa se vuurwapen. Die beskuldigde se pa het sy vuurwapen as gesteel aangemeld by die Algoapark-polisiekantoor. Dié vuurwapen is op die moordtoneel gevind. Die beskuldigde se pa se Volkswagen Jetta is die tweede link wat die polisie na die beskuldigde gelei het. Op die dag van die moord was die beskuldigde se pa by sy werk en die beskuldigde het sy pa se kar gebruik. VlugData van die Jetta se opsporingstoestel wys die motor was naby Rosestraat, waar die Le Bon-bakkery geleë is, terwyl die rooftog plaasgevind het. Verder is daar ook video footage waarop ’n man wat van die bakkery af vlug, gesien kan word. Hoewel die man se gesig nie op die footage gesien kan word nie, is sy klere duidelik sigbaar. Dié klere is in die beskuldigde se kamer gekry en weggestuur vir forensiese toetse. Die vierde spyker in die beskuldigde se kis was ’n ooggetuie wat hom uitgeken het. Die staat voer aan die beskuldigde kan nie op borgtog vrygelaat word nie, aangesien die getuies in die saak vrees vir hulle lewe. Zolile Ngqeza, die beskuldigde se legal eagle, sê weer sy kliënt wil verder swot en kan nie in die St. Albans-tronk studeer nie aangesien hy verhoorafwagtend is. UitgeroepDie saak is uitgestel tot Woensdag, wanneer die verdediging na verwagting verder op Wait se verklaring sal reageer. Die moord op Kemp het verlede maand plaasgevind toe hy en sy partner, konst. Musa Hans, uitgeroep is na ’n rooftoneel by die Le Bon-bakkery in Sentraal. By hul aankoms was die rooftog in die bakkery, wat vol staff en klante was, steeds aan die gang.Die rowers het op Kemp geskiet toe hy by die bakkery ingaan.Hy is in die maag en hand gewond en is enkele ure ná die skietery in die Life St. George-hospitaal dood.gebroke: Konst. Musa Hans gee sy partner se swanger vrou, Candice, ’n drukkie by konst. Dwane Kemp se begrafnis. Foto: theo jepthaNadat Kemp geskiet is, het Hans op die rowers losgebrand. Vier van hulle is op die toneel doodgeskiet.Hulle is Phu­m­lani Dladla (27) van New Brighton, Mandise Ji­­zeli (36) en Phillip­ Mphu­mezi (33) van Zwide, asook Thando­lwethu­­­ Mkatali­ (28) van Mis­sion­vale­­. Hulle was glo almal werkloos. Die vyfde verdagte het van die toneel gevlug, maar is minder as ’n week ná die voorval by sy ouerhuis in Algoapark gearresteer. Hy staan tereg op vyf klagte van moord en een elk van poging tot moord, sakeroof, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.Ná die rooftog is ’n 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel. Vir dié plan is beamptes van misdaad­intelligensie, die forensiese afdeling, speurtak en taktiese spanne byeen­gebring om te ver­seker geen belangrike bewysstukke of intelligensie raak verlore nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/pa-se-goed-lei-cops-na-ou-20190224

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.