Paaie eis 10 in W-Kaap

Please log in or register to like posts.
News
Paaie eis 10 in W-Kaap

ongeluk: Die toneel nadat drie mense, onder wie twee kinders, gister in Seepunt dood is.VERSKEIE mense is die naweek op Wes-Kaapse paaie dood en beseer.Drie mense, onder wie ’n driejarige kind, is gisteroggend in ’n gru-ongeluk in Seepunt dood nadat ’n motorfiets en ’n motor gebots het.Dié botsing het op Helen Suzman-boulevard tussen Beach Road en Vlei Road in Seepunt gebeur.Die 33-jarige man op die motorfiets en twee kinders in die motor is dood.Hulle was 3 en 17 jaar oud.Die bestuurder van die motor het ernstige beserings opgedoen.Vrydagmiddag is ’n 27-jarige man in Observatory doodgery.Saterdag is ses motorbestuurders in verskillende ongelukke in Parow, Nyanga, Ceres, Hamlet, Darling en De Doorns dood.Verwoesting: Dis die toneel nadat ’n dronk bestuurder Vrydag ’n wendyhuis in Wesbank platgery het.Foto’s: FACEBOOK Die verkeersdepartement het ook verskeie padblokkades gehou waarin 775 bestuurders vir dronkbestuur getoets is.Altesaam 37 mense is op klagte van dronkbestuur gearresteer.In Somerset-Wes is ’n man gearresteer omdat hy drie keer oor die alkohol-limiet was.In nog ’n voorval in Wesbank is ’n 24-jarige man ook vir dronkbestuur gearresteer.Hy het Vrydag omstreeks 04:00 teen ’n wendyhuis langs die R300 vasgery.Die mense in die wendyhuis het geslaap toe dit gebeur het.Die ma en haar agjarige dogter was onder die motor vasgekeer en moes uitgehelp word.AfgebrandNog twee mense is in die ongeluk beseer en na die hospitaal geneem.Dit is die tweede ongeluk wat die familie tref nadat hulle huis ’n paar maande gelede afgebrand het.Die bestuurder is op die toneel gearresteer en sal binnekort in die Mfuleni-landdroshof verskyn.Altesaam 188 boetes ter waarde van R277 900 is uitgeskryf. Drie spoedvrate is ook in Laingsburg, Swellendam en Vredenburg gevang.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.