Packham: Cop trek ’n kaart met data

Please log in or register to like posts.
News
Packham: Cop trek ’n kaart met data

DIE vermoorde Gill Packham se selfoon was op die dag dat sy vermis geraak het om 07:03 die laaste keer aktief.Haar foon was sedert die vorige aand 21:04 nie aktief nie. Op 22 Februarie is dit eers om 07:03 aange­skakel. Sowat ses sekondes later is dit weer afgeskakel.“Die foon was nooit weer aan nie,” het AO Reece Harvey van die Kirstenhof-polisie gister in die Kaapse hooggeregshof getuig.Harvey is ’n selfoondata-ontleder.Die getuienis hou verband met selfoonoproepe tussen Gill en haar man, Rob Packham, die skool waar sy gewerk het en hulle dogter Nicola. Packham word beskuldig van die moord op sy vrou. Haar lyk is op 22 Februarie verlede jaar langs die Diep­rivier-treinstasie in die kattebak van haar uitgebrande kar gevind. Harvey het gister getuig Packham se werkfoon was die oggend van Gill se verdwyning langer as twee uur afgeskakel – tussen 07:45 en 09:53.“Die foon was weer 09:53 aktief.“Om 09:55 het hy ’n oproep ontvang van die Springfield Convent School in Wynberg, waar Gill gewerk het. Dit het 41 sekondes geduur.“Die tweede was om 10:22. Dit het 59 sekondes geduur. “Tussen dié oproepe het hy om 09:56 ’n oproep van hulle dogter Nicola gekry,” het Harvey getuig.Hy het gesê die pa en dogter se oproep het sowat 84 sekondes geduur.Die polisieman het ook getuig Packham se selfoon was tussen 11:00 en 14:00 in Wynberg, Constantia en Kalkbaai aktief.“Sy foon is om 14:11 weer opgetel – in Quintusweg, waar ’n getuie hom gesien het,” het die hof gehoor. Son het twee weke gelede berig die getuie Paul Gray het Packham op 22 Februarie in Quintusweg in die groen BWM gesien klim.Gray is lid van die buurtwag. Die kar het nie voor óf agter nommerplate gehad nie. Daar was ook geen licence disc nie.Dié einste kar is later daardie selfde aand brandend langs die Dieprivier-stasie gekry – met Gill agterin.Die saak duur vandag voort.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.