Padongelukke in O-Kaap eis drie

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DRIE mense is dood in twee ongelukkige op paaie in die Oos-Kaap.In die eerste voorval Maandag op die R30 by die Dumasi-lokasie naby Mthatha is twee mense in ’n tromp-op botsing dood.Twee bakkies – ’n Toyota en ’n Corsa – het teen mekaar gebots. Die bestuurder van die Toyota, met vier insittendes, is dood, sowel as die vroue-bestuurder van die Corsa, wat twee insittendes gehad het. In die tweede voorval Dinsdagoggend is die bestuurder van ’n bakkie dood en twee passasiers beseer toe die voertuig die pad byster geraak en in die Tsitsarivier tussen Shawbury en Qumbu beland het.Unathi Binqose, ’n woordvoerder van die departement van vervoer, sê die twee beseerdes is na die Dr. Malizo Mpehle Memorial Hospital in Tsolo geneem.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/padongelukke-in-o-kaap-eis-drie-20190115

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.