Panayiotou sonder seine | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE voorregte van Christopher Panayiotou, die veroordeelde killer van sy vrou, is ingeperk.Van die voorregte is be­soeke en foonoproepe.Dis omdat ’n ingesmokkelde iPhone en drie SIM-kaarte in Panayiotou se sel in die St. Albans-gevangenis buite die Baai gevind is, berig The Herald.Dié items is gevind nadat die beamptes van die departement van korrektiewe dienste (DKD) die bandiete se selle in Operasie Vala geskud het.Dié operasie is verlede maand landwyd in ál 243 gevangenisse uitgevoer. Die staatsgaste is daarmee verras om ontsnappings te verhinder.die adjunkminister van die DKD, Thabang Makwetla, het Operasie Vala op 3 Desember gelaunch.Panayiotou is in ’n enkelsel in die maksimumsekuriteitsafdeling.Hy is in Desember 2017 lewenslange tronkstraf op­gelê omdat hy in 2015 die meester­brein was agter die moord op sy 28-jarige vrou, Jayde.Die liggaam van Jayde, wat ’n onderwyseres was, is ’n dag nadat sy ontvoer is in Kwa­Nobuhle aangetref. Sy is doodgeskiet.FeitNobuntu Gantana, woordvoerder van die DKD, het bevestig dat van Panayiotou se voorregte ná die vonds ingeperk is.Gantana sê die feit dat Panayiotou dié items in sy besit gehad het, is ’n verontagsaming van die government hotel se regulasies.Dit in dié stadium steeds onduidelik presies hoe hy die items bekom het, maar Gan­tana vra die publiek om oortreders nie te help deur goed by gevangenisse in te smokkel nie.Sy sê wanneer besoekers dít doen, hou dit nie net ’n veiligheidsrisiko vir die bandiete in nie, maar ook vir die samelewing.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/panayiotou-sonder-seine-20190103

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.