Park nou bevark | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Park nou bevark | Die Son

KRY eers veiligheid en sekuriteit reg voordat jy worry oor geld om parkies op te knap.Só sê Mike Hoffmeester, die sekretaris van die Bishop Lavis Devel­opment Forum, oor vandalisme by Sky Park in Bishop Lavis.Hoffmeester sê ’n klomp geld is gebruik om die parkie in Skystraat op te gradeer, maar vandale het dit kom afbreek.“Dis belangrik om eerste seker te maak dat jy mense kry om die parkie op te pas. Daarna kan jy opgradering doen.“Ons kan minstens vier mense vat wat in die straat bly, wat kan sorg dat die parkie veilig is en niks gesteel­ word nie.“Dit skep ook werk vir mense.”Hoffmeester sê R300 000 is begroot van die Urban Settlements Development Grant (USDG) om Sky Park op te gradeer.Dit kom nie uit die jaarlikse begroting van wyk 27 se raadslid nie.Asa Abrahams, die raadslid in die area, sê R106 000 van die wyk se begroting is gebruik om die parkie reg te maak.“Maar die gemeenskap breek dit af.“Ons is wel besig om te kyk daarna dat mense in die gemeenskap die plek oppas.“Ons wil mense aanstel wat om Sky Park bly om te sorg dat dit veilig is.”Sy verduidelik sommige inwoners is op ’n datalys van mense wat werk soek, en dié mense kan daarvoor gebruik word.“Almal moet verantwoordelikheid neem vir wat in die area aangaan,” het Abrahams gesê.

Reactions

Nobody liked ?