Pasop vir dié scam, maan ma

Please log in or register to like posts.
News
Pasop vir dié scam, maan ma

’N VROU van Stellenbosch sit met die hande in die hare nadat ’n leningsinstansie op Facebook­ haar glo met R22 000 ingeloop het. Dié ma van twee wat te skaam is om haar naam genoem te hê, het gedog dis die perfekte plan om al haar skuld te dek. “Ek het die advertensie van Trade Loan Finance maande lank op Facebook gesien. Hulle het op verskeie groups geadverteer. “Jy kan enige bedrag van R10 000 tot R25 miljoen leen. Ek het besluit om hulle te nader om R220 000 te leen.”Die geld sou sy gebruik om al haar skuld te betaal. “Ek het aansoek gedoen en al my dokumente gestuur. Hul aansoekvorms het legit gelyk. “Daar was ’n NCR-nommer en selfs ’n government logo op. Toe sê hulle ek moet ’n admin-fooi van R2 700 inbetaal.”Sy sê sy het niks hiervan gedink nie omdat sy volgens hulle weer die geld sou kry saam met die bedrag waarvoor sy aansoek gedoen het. “Toe vra hulle weer geld. En ek het weer inbetaal.”Die vrou het altesaam ses betalings inbetaal – wat in totaal R22 500 beloop het. Die betalings het sy by verskeie rekenings by Capitec­ inbetaal. Die laaste strooi was toe die leningsinstansie ’n bedrag van R3 000 gevra het.Die bedrag was glo om die laaste ooreenkomsdokumente te verkry. “Op daardie punt het ek geweier om enige verdere betalings te maak. Die R22 500 wat ek reeds aan hulle betaal het, het ek by vriende en familie geleen.” Die vrou het deurentyd kontak met die instansie gehad. Met elke betaling het hulle ’n dokument gestuur. “Hulle het ook ’n bewys gestuur dat hulle reeds die geld in my rekening oorgesit het, maar gesê ek was te laat met die laaste betaling, toe is die transaksie gekanselleer.”Toe sy besef die instansie is nie van plan om die lening of haar eie geld terug te gee nie, het sy ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.Sy het ook vir Capitec ingelig van die verskeie rekeninge wat deel is van die bedrogspul. Die bank het toe die rekeninge gesluit.“Daarna het hulle my gekontak om te sê hulle gaan ’n saak van naamskending teen my maak.”Sy het steeds nie ’n sent van haar geld terug gekry nie. “Ek wil net my geld terug hê en ander mense waarsku teen die mense.Die bestuurder van Trade Loan Finance, ene meneer Felix, het by navraag gesê hy dra nie kennis van dié lening nie. “Ons is ’n plek wat lenings gee, maar van dié vrou weet ek glad nie.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.