Passasier het glo net sny aan vinger

Please log in or register to like posts.
News
Passasier het glo net sny aan vinger

TAUFIQ Carr se passasier wat die gru-ongeluk op die N1 in ‘n BMW M3 oorleef het, het glo net ‘n sny aan sy vinger gehad.News24 berig die 24-jarige man is deur Metro-nooddienste by die ongelukstoneel behandel.Mark van der Heever, woordoverder van die gesondheidsdepartement het aan News24 bevestig dat paramedici die passasier gehelp het voordat hy na New Somerset-hospitaal vir verdere ondersoek geneem is.Die teenwoordigheid van ‘n passasier in die kar is bevestig deur ‘n video wat die afgelope week die ronde op sosiale media gedoen het.Die video is enkele sekondes voor die ongeluk van binne die kar geneem.Carr se gesig kan gesien word en dan die karre op die N1 en die motorfiets wat na bewering aan die race deelgeneem het.Die video wys dan die passasier se bene net voor die ongeluk gebeur … en daarna net vonke.Intussen is ‘n foto vandag op Facebook gedeel waarin Carr (26), wie se bene intussen geamputeer is, regop in sy hospitaalbed sit.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.