Pastoor se ‘streke’ in hof gespill

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

SUPPORT stroom sedert laas week van heinde en verre in vir Cheryl Zondi (22), wat getuig in ’n seksverwante hofsaak teen ’n pastoor.Zondi getuig sedert laas week dat past. Timothy Omo­toso (59) haar en ander meisies as seksslawe aangehou het.Zondi, wat van Secunda is, het Omotoso se Jesus Dominion International Church in Durban gejoin toe sy 13 was.Sy sê dis omdat die kerk vir haar soos ’n tuiste gevoel het.Min het Zondi geweet dis die begin van haar hel op aarde.Zondi sê sy het teruggekeer Secunda toe, basies net om haar sakke te pak en terug te keer na Durban.Sy was 14 toe sy en ander meisies ’n huurhuis met Omo­toso gedeel het.Zondi sê dis in dié huis waar Omotoso haar die eerste keer seksueel gemolesteer het.VerkragSy beweer hy het geëis dat sy hom ook blow jobs gee – dít terwyl sy 14 jaar oud was. Zondi beweer ook Omotoso het haar verkrag in Durban, Port Elizabeth, Richardsbaai, Kaapstad, Oos-Londen, Gauteng, Israel, Nigerië, Secunda en Bloemfontein.Omotoso het haar na be­wering as jong kind gedurig uitgevra oor haar liefdeslewe en hoe ver sy bereid is om met hom te gaan.Zondi sê wanneer ’n aantreklike man op TV verskyn het, moes sy wegkyk, anders gee Omotoso haar ’n vuil kyk.Sy bestempel hom as domi­nerend en sê sy was baie bang vir hom en dit was asof hy mag oor haar gehad het.Zondi sê Omotoso het vereis dat sy en die ander meisies skimpy klere in die huis dra en hulle op die boude geraps.Omotoso het hulle kokke­rotte genoem, vertel sy, en dat sy en die meisies baie honger gely het omdat hy hulle net een keer per dag kos gegee het.Zondi sê as hulle gelukkig was, het hy van sy kos vir hulle gegooi.Sy het op 3 Augustus 2015 alle bande met die kerk verbreek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/pastoor-se-streke-in-hof-gespill-20181020

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.