Pastor as nare man geskets

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

PAST. Timothy Omotoso was so obsessief oor die 14-jarige Cheryl Zondi (22) dat hy geëis het dat sy hom elke dag moet bel en SMS.Zondi, wat van Mpumalanga is, het gister in die Baaise hooggeregshof teen Omotoso getuig. (Die aanklagte is in die opskrif van die foto langsaan.)Zondi sê haar ma wou glad nie hê sy moet ’n lidmaat van Omotoso se Jesus­ Dominion Inter­national Church word nie. Sy het gereken dit was te radikaal.Zondi het getuig voordat sy agter Omotoso na Durban getrek het, het sy bevriend geraak met een van die vroue wat Omotoso altyd as ’n groep na en van die kerk vergesel het.Sy sê dié vroue het ’n elite-groep met Omotoso gevorm.Zondi, wat ’n sanger was, sê sy was so opgewonde toe een van hulle vir haar gesê het Omotoso likes haar sang.VerwagSy beweer Omotoso het een van die vroue aangesê om sy foonnommer vir haar te gee.En van haar is verwag dat sy hom daagliks moet bel en tot ses SMS’e stuur, het sy getuig.Zondi beweer Omotoso wou weet wanneer sy waarheen gaan, met wie sy is en hoe laat sy weer by die huis sal wees.Hy het haar aanhoudend oor haar liefdeslewe uitgevra en hoe heg sy met hom wil wees, het sy getuig.Zondi sê sy was toe ’n virgin en dat Omotoso se uitvraery oor ’n liefdeslewe wat sy kwansuis moes hê, haar verwar het.Omotoso het haar verbied om enige kontak met ander mans te hê, het sy getuig.Sy bestempel Omotoso as ’n leuenaar, mishandelaar en predator, en sê hy dink alles wentel om hom en dat hy niks voel vir ander mense nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/pastor-as-nare-man-geskets-20181010

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.