Perlie-leier wel skuldig | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE perlemoensindikaatleier Morné Blignaut is gister in die Baaise hooggeregshof skuldig bevind op drie perlemoenverwante klagte.Regter Dayalin Chetty het Blignaut (47) skuldig bevind op twee klagte van rampokkery en ’n klag wat verband hou met die bedryf van ’n onwettige visverwerkingsaanleg.Chetty noem in sy uitspraak Blignaut het tussen Julie 2013 en 11 Augustus 2014 as bestuurder van die enterprise ’n visverwerkingsaanleg sonder ’n permit bedryf. Dit was naby die plaas Olifantskop in die Grass Ridge-­omgewing in die distrik Motherwell.Altesame 37 356 eenhede perlemoen, wat 6 132,61 kg geweeg het, is daar gekook, gedroog, verpak en gestoor. Die waarde van die perlemoen is onbekend.Blignaut was ook betrokke by die uithaal, versameling, verspreiding, beheer, stoor en vervoer van perlemoen.Morné BlignautVolgens Chetty het Blignaut skuldig gepleit, maar geweier om ’n pleitverduideliking te gee.Chetty het gesê die getuienis van die ondersoekbeampte in die saak, AO Leon Eksteen, het ’n oorvloed van hoogs inkriminerende bewyse aan die lig gebring. Hy het gesê Blignaut het toe sy pleit op al die klagte teen hom na skuldig verander.Volgens Chetty het Blignaut toestemming gegee dat ’n geskrewe verklaring van Brett Kilian, ’n getuie, as bewysstuk ingedien word.Chetty het gesê Kilian se verklaring is deel van ’n exhaustive exposé oor Blignaut se misdadige aktiwiteite in dié betrokke periode.Dit, het Chetty gesê, bewys hy het die affairs van die enterprise deur ’n patroon van rampokkery bestuur.Hy het gesê dit bewys Blignaut se skuld bo redelike twyfel. Volgens Chetty het Blignaut Kilian tot sover terug as Julie 2013 na sy binnekring gelok.Kilian is op 11 Augustus 2014 in hegtenis geneem.VeroordelingsChetty het gesê Alwyn Griebenow, wat namens Blignaut optree, moes in sy slotbetoë toegee die staat se saak teen Blignaut is bo redelike twyfel bewys.Volgens Griebenow sluit Blignaut se vorige veroordelings in aanranding, diefstal, die besit van ’n oormatige hoeveelheid perlemoen en die rig van ’n vuurwapen Die vonnisoplegging is Woensdag. Blignaut sal in aanhouding bly.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/perlie-leier-wel-skuldig-20180912

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.