Perlie-moer gaan lank sit | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE leier van ’n perlemoensindikaat is gister vir 20 jaar tronk toe gestuur. Regter D. Chetty het Morné­ Blignaut (47) vroeër die maand skuldig bevind op twee klagte van gangster­ism en ’n klag wat verband hou met die bedryf van ’n onwettige aanleg wat vis verwerk.Tydens vonnisoplegging het Chetty gesê dit was Blignaut se idee om die perseel op Olifantskop te kry. Hy het hiermee verwys na wat die ondersoek­beampte in die saak, AO Leon Eksteen, getuig het.Hy het gesê een van die bewysstukke voor die hof het gewys hoe geïsoleerd die fasiliteit is.Die regter voel die aanleg se ligging wys hoe noukeurig Blignaut beplan en gekonkel het sodat die publiek nie kliek wat daar aan die gang is nie. Chetty het bygevoeg Blignaut het ’n integrale aandeel aan die sindikaat se sukses gehad. En as ’n mens kyk hoe lank die bedrywighede op die Olifantskop-plaas aangegaan het, moes Blignaut geld soos bossies gemaak het. Volgens Chetty kan berou as ’n versagtende faktor oorweeg word, maar dit hang af van die omstandighede.AanvaarDie regter het gesê die feit dat Blignaut eers skuld erken het nadat Eksteen getuig het, het gewys hy was die meesterbrein agter die enterprise.As Blignaut regtig jammer was, sou hy ver­antwoordelikheid vir sy dade­ aanvaar het nog voordat sy verhoor van dié van sy destydse medebeskuldigdes geskei is.Volgens Chetty het Blignaut skuldig gepleit om die waters te toets. Al kan Blignaut se vorige veroordeling vir die besit van ’n oormatige hoeveelheid perlemoen dalk as verouderd beskou word, dink Chetty ’n mens kan dit nie ignoreer nie. Dit wys ’n voorliefde vir aanhoudende oortredings. Hoeveel geld ’n mens daaruit kan maak, was volgens die regter sonder twyfel ’n dryfveer om daarmee aan te hou.VasgestelChetty het bygevoeg die stroop van perlemoen gaan volstoom voort en dit is hoog tyd vir ’n gepaste vonnis hiervoor. Intussen het adv. Warren Myburgh van die bate­beslagleggingseenheid gister ’n aansoek voor die hof gebring. Dit hou verband met ’n enquiry vir beslaglegging ingevolge artikel­ 18 van die provinsiale wet op georganiseerde misdaad.Myburgh het gesê daar moet vasgestel word of Blignaut voordele van sowat R67 miljoen gekry het. Die enquiry is tot 7 Desember uitgestel vir vertoë.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/perlie-moer-gaan-lank-sit-20180919

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.