Picket: Oop bene lei na oop deure

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NOEM dit in Queenstown maar sommer die “departement van open baar vir werke”. Want sekere staatsamptenare hier eis eers ’n stukkie in die kooi in ruil vir ’n huis of werk in die Expanded Public Works-program (EPWP). Of só het Nqaba Bhanga, die DA se premierskandidaat in die Oos-Kaap, gehoor tydens ’n picket voor die kantore van die Oos-Kaapse departement van paaie en openbare werke se Chris Hani-streek in Queenstown.Bhanga, Georgina Faldtman, woordvoerder oor vroue van die premiersveldtog, en Geordin Hill-Lewis, LP en Team One South Africa se woordvoerder oor toegang tot werk, het hulle by gemeenskapslede aangesluit om dié situasie onder die aandag van amptenare in die Chris Hani-streek te bring.Bhanga het bygevoeg hy gaan sy kollegas in die Oos-Kaapse provinsiale wetgewer ook oor die aantygings inlig.NqabaBhangaFoto:Netwerk24“Ons gaan daarop aandring dat die Oos-Kaapse departement van paaie en openbare werke onmiddellik ondersoek instel om uit te vind wie in Queenstown moontlik by seks vir jobs betrokke is.“Die regering moet verseker dat seks vir jobs onwettig verklaar word. “Oortreders wat hulle hieraan skuldig maak, moet streng vervolg word en tronkstraf kry.”Faldtman het by Bhanga aangesluit: “Ons as vroue in die Oos-Kaap stuur ’n baie sterk boodskap uit dat ons die beamptes ten sterkste veroordeel wat by vroue wil slaap in ruil vir ’n werk. “Ons lywe is nie CV’s vir werk nie.”PeuterBhanga gaan ook die bewering opvolg dat amptenare eers seks eis voordat huise gegee word. “Die gemeenskap van Nomzamo het aan my verduidelik hoe beamptes met die behuisingslyste peuter om huise vir vriende en familie of in ruil vir seks te gee.skokkend: In die EPWP-projek word seks glo in ruil vir ’n werk geëis. foto ter illustrasie “Ek kan nie glo mense moet by staatsamptenare slaap om huise te kry nie. En die feit dat daar ook nepotisme is deurdat sekere huise vir vriende of familie gegee word, is onaanvaarbaar. “Dit is hoekom ons altyd sê daar moet ’n geloofwaardige behuisingslys wees waarvolgens huise toegeken word en wat aan gemeenskappe beskikbaar is.“Ek gaan beslis dié bewerings verder bekyk.”Volgens hom het die ANC-regering vroue in die steek gelaat.’n Woordvoerder van openbare werke het bevestig die departement beskou bewerings soos seks vir werk as ernstig, maar kan nie daarop kommentaar lewer nie aangesien daar nog geen amptelike klag gelê is nie. Teen druktyd het nie die Chris Hani-munisipaliteit of provinsiale behuisingsdepartement op Son op Sondag se navrae om kommentaar gereageer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/picket-oop-bene-lei-na-oop-deure-20190126

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.